top of page

Rita Li

Om te sing en te dans gee ons die ritme tot die lewe

  • Facebook
  • Instagram
  • YouTube
  • TikTok
  • Twitter

Upcoming Events

  • Secret Garden Show
    Secret Garden Show
    Sat, 18 Feb
    Midrand
    18 Feb 2023, 17:00 – 19:00
    Midrand, 126 Everfair Ave, Randjesfontein, Midrand, 1683, South Africa
    18 Feb 2023, 17:00 – 19:00
    Midrand, 126 Everfair Ave, Randjesfontein, Midrand, 1683, South Africa
    A live, exclusive and curated experience with Future Radio and Rita Li 'n Lewendige en eksklusiewe musiek ervaring met Future Radio en Rita Li. By invite only. * Gates open at 15:00, show starts at 17:00 * Hekke open at 15:00, die konsert begin 17:00
    Share
  • Rita Li - Vroue Van Vuur
    Rita Li - Vroue Van Vuur
    Tue, 10 May
    Hyto Tyto
    10 May 2022, 18:30
    Hyto Tyto, Black Korhaan Dr, Midstream Estate, Olifantsfontein, 1692, South Africa
    10 May 2022, 18:30
    Hyto Tyto, Black Korhaan Dr, Midstream Estate, Olifantsfontein, 1692, South Africa
    Semi-formele glansgeleentheid vir vroue met kunstenaar Rita Li, gasspreker Rhona Erasmus en ander bekendes. Kaartjieprys sluit in verwelkomings skemerkelkie en vingerete.
    Share
Tuis

Biografie

Met drie nuwe enkelsnitte in een jaar, is stilsit nie vir Rita Li ’n opsie nie. Boonop het sy haar eie geselsprogram, Vuurwerke met Rita Li, op YouTube vrygestel en geniet haar nuutste enkelsnit, Jakkalsdans, se musiekvideo al 20 000 kyke op Youtube - na slegs 2 maande sedert vrystelling. 

 

Rita Li, ’n gekwalifiseerde sportsfisioterapeut, het vertel dat sy grootgeword het op ’n kersie- en melkplaas in die hartjie van die Oos-Vrystaat. 

 

“So ek is ’n plaasmeisie en in my hart het dit nog nooit verander nie. Iets wat ek koester is dat ek as klein dogtertjie ’n rugsak kon pak, op my Perd “Pasella” se rug kon spring (sonder ’n saal - want die saal was te swaar vir my om self op te sit) en in die veld kon inry en daar gaan huiswerk doen” het sy nostalgies vertel. 

 

“Dis juis daar waar my liefde vir die natuur gebore is,” het sy gesê. 

 

“Op die plaas was ons vry en vreesloos en ek glo dat dit my vry en vreesloos oor die lewe gemaak het. Altyd reg vir ’n nuwe uitdaging of avontuur. Die plaas het my ook geleer hoe om my eie planne te maak en selfstandig te wees - iets wat ek as grootmens en veral kunstenaar in hierdie musiekbedryf kan gebruik wanneer dinge bietjie uitdagend begin raak. Dis goed om nie net altyd van iemand afhanklik te wees om besluite te maak nie. ‘n Span is belangrik vir insette, maar op die ou einde van die dag bepaal elkeen sy eie koers in die lewe,” vertel sy.

 

Rita Li kom self uit ‘n baie musikale familie - haar Pa se ooms en tannies was deel van die groep “Die Grafsteensangers” en haar Pa het trompet vir die Vrystaatse simfonieorkes gespeel.

 

“My ma het al haar UNISA-klavier eksamens gedoen, my sussie het klavier en viool gespeel en my boetie kitaar en dromme,” het sy vertel.  

 

Rita Li het reeds een album, Roekeloos Verlief, vrygestel en die eerste enkelsnit, Iemand Anders - geskryf deur Danny Smoke en Dewald Wasserfall, staan vir haar uit. 

 

“Hierdie liedjie spreek die taboe-onderwerp oor ’n derde persoon in ‘n verhouding aan en die reaksie op die liedjie was ongelooflik - eintlik nogsteeds,” het sy vertel.  

 

“Dan het ek ’n baie spesiale plekkie vir Jakkalsdans. Die liedjie doen baie goed en is nog baie nuut, maar dit was een waar ek op ‘n grootskaalse betrokkenheid saam met Richann Brussow (van Reën) geskryf het en ek is baie trots op die eindproduk,” het sy gesê.

 

Vir Rita Li is haar SAMA-nominasie in 2022 vir haar debuutablum, Roekeloos Verlief, in die afdeling vir beste Afrikaanse Pop-album ‘n loopbaan hoogtepunt. 

 

Groot hoogtepunte wat voorlê vir 2023 is haar deelname aan Johan Vorster, Inhoudshuis,  se musiekblyspel, Die Kaplyn, in April 2023 by die Afriforum Teater in Pretoria.

Sy is ook onlangs benoem vir Afri-Indie toekennings vir onafhanklike kunstenaars in die kategorieë "Best Collaboration Single" , " Beste vroulike kunstenaar " , Beste vroulike album" ,  " Beste vroulike enkelsnit". Die bekroningsgeleentheid is 4 April 2023.  

Biografie
Albums

Albums & Enkelsnitte

Luister/ Laai af: 
Roekeloos Verlief - Album Cover_Medium.jpg
  • Facebook
  • Instagram
  • YouTube
  • TikTok
  • Twitter
WhatsApp Image 2022-09-22 at 22.07.04.jpeg
Foto's

Musiek Video's

  • Grey Facebook Icon
  • Grey Instagram Icon
  • Grey YouTube Icon
  • TikTok
  • Grey Twitter Icon
Musiek Video's
Vertonings

Konsert besprekings: 
 
epos: chrizaan@cnpromosies.co.za

  • Grey Facebook Icon
  • Grey Instagram Icon
  • Grey Twitter Icon
  • Grey YouTube Icon

KONTAK MY

  • Grey Facebook Icon
  • Grey Instagram Icon
  • Grey YouTube Icon
  • TikTok
  • Grey Twitter Icon
Kontak
Nuus

Nuus

Splinternuwe Enkelsnit
Jakkalsdans 

  • Grey Facebook Icon
  • Grey Instagram Icon
  • Grey YouTube Icon
  • TikTok
  • Grey Twitter Icon

Rita Li benoem vir 4 Afri- Indie nominasies! 

Kategoriëe

* Beste Pop Album
* Beste Vroulike Album
* Beste Vrouelike Enkelsnit
* Beste Colab

* Bekroningsgeleentheid 4 April

 

Roekeloos Verlief - Album Cover_Medium.jpg

Rita Li se debuutalbum ontvang SAMA 2022 nominasie vir "Beste Pop album"

bottom of page